Brand

Post cover image

Hoe begin en versprei brande?

Brand is baie gevaarlik wanneer dit nie beheer word nie. Brande kan van paraffien, elektrisiteit en gas ontstaan. Dit kan maklik versprei, veral wanneer dit winderig, droog en warm is. Onbeheerde brand kan van een huis na die volgende versprei, veral wanneer mense se huise naby mekaar is.

Voorkom brand by die huis

  • Moenie proppunte vir elektrisiteit oorlaai nie.
  • Moenie potte sonder toesig op die stoof laat wanneer jy kook nie.
  • As jy kerse gebruik, maak seker dat dit nie maklik kan omval nie. Een manier om dit te doen is om 'n pot met sand te vul en die kers daarin te sit.
  • Maak seker dat alle kerse, branders of stowe af is wanneer jy gaan slaap.
  • Leer jou kinders om baie versigtig te wees rondom brande en dinge wat brande kan veroorsaak.
  • Hou vuurhoutjies en aanstekers weg van kinders.
  • Maak seker dat die stoof nie kan omval nie.
  • Moenie kinders alleen los as daar 'n kers of stoof by die huis aan is nie.
  • Ketels is ook gevaarlik. Baie kinders trek aan ketelkabels wat daartoe kan lei dat die ketel warm water oor die kind gooi en dit verbrand.

Wat om te doen in geval van 'n brand

Probeer om nie paniekerig te raak nie. As 'n vuur in die kookpan begin, moenie water daarop gooi nie. Skakel die hitte van die stoof af of sit 'n deksel op die pan. Jy kan brande stop deur grond of sand daarop te gooi. Indien daar ’n ernstige brand is wat besig is om te versprei, kontak die brandweer deur 10177 te skakel.

Probeer om jou en diegene rondom jou in veiligheid te bring.

As iemand verbrand is, plaas die verbrande deel van die liggaam onder lopende kraanwater en bel 'n ambulans as die brandwonde erg is en 'n groot area bedek. Moenie botter of olie op die gebrande area sit nie.

Related Posts

Tags
  • brand
    vuur