Gesinsbeplanning

Post cover image

Inleiding

Gesinsbeplanning word ook soms “kontrasepsie” genoem. Dit is net iets wat jou verhinder om swanger te raak vir 'n sekere tydperk. Gesinsbeplanning is belangrik, want mense het die reg om te kies wanneer hulle swanger wil raak. Deur ’n swangerskap te beplan, help dit jou om voor te berei en om ’n baba te hê op die regte tyd.

Dit is belangrik om te verstaan ​​hoe mens swanger raak. Vroue laat een keer elke maand ’n eier vry. As die eier vrygelaat word en ’n man en vrou sonder voorbehoedmiddels seks het, kan die man se sperm die eier bevrug en so ’n swangerskap veroorsaak.

Daar is baie maniere van gesinsbeplaning. Die gesinsbeplanning wat jy kies sal afhang van:

  • die tydperk wat jy nie wil swanger raak nie
  • hoe jou liggaam reageer op die voorbehoedmiddel
  • wat die maklikste is vir jou om te gebruik
  • en hoe maklik dit is vir jou om dit in die hande te kry

Verskillende soorte gesinsbeplanning word hieronder uiteengesit.

Dit is belangrik om te verstaan dat daar altyd ’n kans is om swanger te raak, ongeag van die metode wat jy kies. Sommige metodes is beter as ander om te verhinder dat jy swanger raak.

Langtermyn omkeerbare gesinsbeplanning

Langtermyn omkeerbare gesinsbeplanningsmetodes is die gebruik van voorbehoedmiddels wat jou verhinder om vir ’n termyn swanger te raak. Jy kan weer swanger raak as jy ophou om dit te gebruik. Daar is verskillende soorte. Voordele hiervan is dat dit lank hou, maklik gestop kan word en jy hoef nie baie kliniek toe te gaan nie.

IUD's (binne-uteriene toestelle) is klein metaal- of plastiek stokkies wat die dokter maklik in jou baarmoeder steek om te keer dat jy swanger raak. Hulle is baie veilig en is baie goed om swangerskap te verhinder. Dit kan vyf jaar of langer hou. Die dokter kan dit enige tyd uithaal wanneer jy weer swanger wil raak. Soms is die vrou se periode ’n bietjie swaarder nadat sy die IUD gekry het, maar dit verbeter vinnig.

Inplantings is ’n ander soort langtermyn-omkeerbare gesinsbeplanning. Dit is ’n baie klein plastiek stokkie wat onder jou vel ingespuit word. Dit kan drie jaar hou en is baie goed om swangerskap te voorkom. As jy swanger wil raak, kan jy dit laat uithaal en kort daarna kan jy weer swanger raak. By sommige vroue staak menstruasie, of raak onreëlmatig met die inplanting. Dit werk deur jou meer van die natuurlike hormone te gee wat swangerskap verhoed.

Hormonale metodes van gesinsbeplanning

Hierdie metodes gee jou hormone (chemikalieë wat jou liggaam vervaardig), om te verhoed dat jy swanger raak. Die metodes is gewoonlik nie so goed om swangerskap te keer nie en dit beteken ook dat jy meer gereeld kliniek toe moet gaan.

Die 3-maandelikse hormoon inspuiting keer slegs dat jy drie maande nie swanger raak nie. Na drie maande moet jy weer die inspuiting kry. Soms neem mense se gewig toe nadat hulle die inspuiting gekry het. As jy ophou om die inspuiting te kry, kan jy weer swanger raak, maar dit kan soms ’n rukkie vat (tot een jaar). Dit verhinder nie swangerskap so goed soos die Inplanting of IUD nie.

Die Pil is ’n ander hormonale metode. Jy moet elke dag op dieselfde tyd die pil neem. As jy vergeet om die pil te neem, kan jy swanger word. Hierdie metode is nie so goed om swangerskap te vermy soos die IUD, inplanting of Inspuiting nie.

Permanente gesinsbeplanning

Permanente gesinsbeplanningsmetodes is maniere om swangerskap permanent te verhoed en is onomkeerbaar. Dit beteken dat as jy hierdie metode gebruik, kan jy nooit weer swanger raak nie. Dus is dit belangrik dat jy mooi daaroor nadink en met jou lewensmaat daaroor praat voordat jy 'n besluit neem.

  • Vroulike sterilisasie is ’n operasie wat keer dat die vroulike eiers na die baarmoeder beweeg.
  • Manlike sterilisasie is ’n baie makliker operasie as vroulike sterilisasie. Dit is belangrik om te weet dat jy steeds sal ejakuleer as jy seks het, maar daar gaan geen sperme in jou ejakulasie is nie.

MIV, infeksies en gesinsbeplanning

Dit is baie belangrik om te verstaan dat bostaande gesinsbeplanningsmetodes nie verhinder dat jy infeksies, insluitend MIV, op doen nie. Dit is baie belangrik om kondome te gebruik om infeksies te voorkom. Kondome help ook om swangerskap te verhoed, maar is nie so goed soos die ander gesinsbeplanningsmetodes nie.

Tags
  • gesinsbeplanning
    kondoom